Vakansie

9 oktober 2015 - Kaapstad, Zuid-Afrika

'N kort blog dit keer. In Afrikaans. Vir die insiders onder ons… die spelling sal hier en daar nie heeltemal reg wees nie, maar dit is alvast een eerste poging.

Afgelope week het ons vakansie gehad. ‘N mens kan hierdie vakansie vergelyk met die meivakantie in Nederland; die vakansie net voordat die somer begin.

Maandag het ons nog wel klub gehad. Dit was fyn om te let dat die kinders ons beter leer ken en meer aan ons gewoon raak. Kommunikeer met die kinders gaan makliker en ons geniet baie van die kontak!

Woensdag is ons by Fiela gewees; 'n baie spesiale vrou. Sy woon in 'n kleurlingwijk waar ook baie armoede is. Die Here het haar op 'n wonderlike manier uit haar ou lewe getrek en sy gee nou feitlik daagliks rond die 120 kinders te eet. Ons het vir die kinders ‘n Bybelles gegee oor David wat deur God as koning gekies is. So wou ons die kinders duidelik maak dat God 'n plan met hulle lewe het; ook al is hulle nog jonk. Dit was heel fyn en goed om by Fiela en die kinders te wees!

Ons het verder die afgelope week gebruik om meer van die pragtige Kaap te sien. So het ons die mooi plekke rondom Kaapstad besoek. Nadat ons die grys en besige sentrum het gesien wou ons ook die mooi kant sien van Kaapstad, en dit is seker gelukt! Verder is ons by die Kirstenboschtuinen gewees; 'n klein stukkie van die paradys op aarde :-) So het dit gevoel toe ons daar geloop het! In Kaapstad het ons ’n toer gedoen deur die townships met 'n plaaslike gids. Ek kan daar veel oor skryf, maar die foto's gee 'n beter beeld. Kaapstad is werklik 'n stad van teenstrydighede. Die besondere aan Kaapstad is die pragtige ligging, so aan die see en aan die voet van die Tafelberg. Donderdag het ons één van ons grootste Do's afgestreept; safari! Ons het letterlik oog in oog gestaan ​​met seekoeie (nijlpaarden), renosters (neushoorns), giraffes, sebras, leeus, buffels ens.Vandag het ons die mooi stad Paarl besoek en ook omhoog gegaan op die berg om hierdie stad van 'n afstand te sien.

Al met al 'n toerisme week. Lekker om te ontspan en te geniet. Maar tegelyk is dit ook fyn om volgende week weer met die klubs en skole te begin. Ons het die kinders gemis! 'N besig tydperk, aangesien dit die laaste kwartaal is vir die somervakansie.

'N lekker naweek vir julle!

Ps; dalk kan jij nie alle foto's sien nie onder hierdie blog. Vir foto's van o.a. de Kirchenboschtuinen; klik op 'Foto's' links bovenin.

Foto’s

3 Reacties

  1. Gerlinde:
    10 oktober 2015
    Haha echt heel geinig Lie om in het Zuid Afrikaans te lezen :) En wat een prachtige foto's heb je gemaakt zeg!!
    Veel plezier weer komende week met de club!

    Liefs Gerlinde
  2. Willemijn:
    10 oktober 2015
    hey lie, leuk verhaal! grappig ook dat het in het Afrikaans is! mooie foto's hoor! suc6 verder!!! xxx van mij!!!
  3. Jantine:
    14 oktober 2015
    Leuk dat je ons op de hoogte houdt van je belevenissen.
    Zuid-Afrikaans is een grappig taaltje zo te lezen. :-)
    Nog heel veel succes en zegen toegewenst!